Die verpleegpersoneel en dokters staan in die gevaarsone van koronavirus infeksie, en ’n aansienlike aantal personeel het reeds positief getoets vir die uiters aansteeklike en dodelike virus.
Dit het die vrees laat ontstaan dat ’n te groot toename onder verpleegpersoneel kan lei tot rampspoedige gevolge vir hospitale en klinieke.
Te midde van ernstige waarskuwings en besware deur die Young Nurses Indaba Trade Union dat daar nie voldoende beskermings toerusting is vir verpleeg personeel nie, ondervind sekere hospitale steeds ’n tekort aan maskers, handskoene en oorjasse.
Dit wil lyk of tekorte aan toerusting veral by klinieke ondervind word, en besware word steeds geopper dat verpleegpersoneel nie voldoende ingelig word deur kort opleidingsessies nie.
Nuutste kommentaar