Meer blankes beleef rassisme

Terwyl die ANC se woordvoerder bekend gemaak het dat ’n saak teen Steve Hofmeyr beoog word oor beweerde rassisme, blyk die noudat meer blankes as swartmense met rassisme te make het.

In ’n meningspeiling wat pas die lig gesien het, is gevind dat 36% van swart deelnemers aan die peiling, met rassisme te make gehad het.

Hierteenoor het 54% van alle blankes wat aan die peiling deelgeneem het, met rassisme te kampe gehad.

Die peiling wat deur die Instituut vir Rasse Verhoudings geïnisieer is, toon glo duidelik dat veel meer blankes te kampe het met rassisme.

Intussen het ’n volkekundige aan Die Vryburger gesê die probleem word veel erger wanneer in ag geneem word dat swartmense se moorde op blankes ontstellend hoog is, terwyl di teenoorgestelde weglaatbaar klein is, maar wanneer so ’n voorval plaasvind, word dit hemelhoog opgeblaas.