Onderwys 2019

Die situasie by openbare skole is merkbaar besig om te versleg. Daagliks is daar nuus berigte van messtekery by skole en onlangs is ‘n onderwyser aangerand deur ‘n twintigjarige skolier en daar is  ‘n onderwyser dood geskiet by ‘n skool. 

Twee kleuters sterf by ‘n voorskoolse-sentrum nadat hulle rotgif ingeneem het. Nou hoor ek sekere ouers sê:  gelukkig is dit nog by oorwegend swart skole wat dit gebeur of dit sal nie by ons skool gebeur nie. 

Dit klink soos FW de Klerk se beloftes voor die referendum.  Is dit aanvaarbaar dat jou kind in graad 4 geleer word van masturbasie?   Moet u wag, pa en ma todat u kind met ‘n mes gesteek is of erger nog dat u dogter op die skool terrein aangerand word?  Sport en sosialisering is lankal nie meer aanvaarde verskonings vir ouers om hul kinders in staatskole te hou nie.

Gemengde skole lei tot vermenging op sosiale vlak en dit kan  uiteindelik daartoe lei dat kinders oor die kultuur- en kleurgrens “kuier”. 

As dit aanvaarbaar is vir u as ouer,  dan gee ek u krediet vir u eerlikheid, maar moet asb nie kwaad word as u kind met ‘n “maat” by die huis aankom wat nie jou taal, jou kultuur en  jou godsdiens erken en respekteer nie.   

Begin vandag belê in jou kind se toekoms deur hom/haar in ‘n CVO-skool te plaas of by ‘n Christelike skool in te skryf  as jy nie instaat is om tuis onderrig te gee nie.

Jan Brand