Tientalle onwettige immigrante verdrink

’n Boot wat nie net oorlaai was nie, maar ook nie seevaardig is nie, het veroorsaak dat dit onderweg na Italië in die Mediterreense See omgeslaan het en baie onwettige immigrante het verdrink.

Vissers in die omgewing het die rampgebied genader en kon daarin slaag om 16 mense te red van verdrinking.

Meer as 70 van die onwettige immigrante wat afkomstig is uit Tunisië, het egter omgekom aangesien die vissersboot nie meer mense kon dra in hulle boot nie.

Die voorval het sowat 80 kilometer van die Tunisiese kus plaasgevind, en kenners reken die mense is deur ’n smokkelbende op die boot gesit war nie seevaardig is, om na Europa gesmokkel te word.

Nagenoeg 17,000 mense is reeds op die wyse gedurende 2019 na Europa gesmokkel, maar meer as 500 het in die see omgekom.