Australië kap Turkse president

Die Australiese premier, Scott Morrison, het met mening onder die Turkse president Erdogan ingevlieg oor sy onverantwoordelike uitlatings.

Erdogan het na die moskee aanval waarby ’n Australiese burger betrokke was as die skieter, tydens ’n verkiesing saamtrek in Turkye, dat die aanslag op die mense by die moskee in Nieu-Seeland ’n aanval op Turkye en op die Turkse president is.

Hy sê die Australiese burger, Brenton Tarrant, wat verantwoordelik gehou word vir die dood van die 50 mense, is ’n anti-Moslem aanval.

Hy sê Turkye sal die anti-Moslem mense “in doodskiste terug stuur net soos wat hul grootvaders by Gallipoli gedoen het.

In die Eerste Wêreldoorlog het 8,000 Australiërs omgekom in ’n bloedige veldslag teen Turkye in Gallipoli, en is een van die belangrike gebeure in die geskiedenis van Australië.

Australië het die Turkse ambassadeur ontbied en die se verskoning nie aanvaar nie, en premier Morris eis noudat Erdogan sy onverantwoordelike uitspraak onverwyld terugtrek.

Morrison sê Australië beskou Erdogan se uitspraak as uiters beledigend, roekeloos en onverantwoordelik.

Hy sê die Turkse president het die belofte van Kemal Atatürk, die grondlegger van die moderne Turkye, met sy gewraakte uitlating besoedel.

Foto – Scott Morrison