EU onwillig om Turkye te aanvaar

In ’n nie-bindende stemming in die Europese Parlement is gevra vir uitstel van die Europese Unie se samesprekings met Turkye oor sy aansoek om lidmaatskap.

Die uitstel word gevra na aanleiding van die Menseregte beweging wat beweer dat die Turkse regering die wet oortree.

Die Turkse regering van President Recep Tayyip Erdogan het die beskuldigings verwerp en sy ontevredenheid te kenne gegee oor die besluit van die Europese Parlement.

Bewerings is in die Europese Parlement gemaak dat dit verkieslik is om nie die Turkse aansoek om lidmaatskap goed te keur nie vanweë die Turkse president se negatiewe opmerkings teen lidlande van die Europese Unie.

Die Europese Unie het verskeie kere sy kommer uitgespreek oor die menseregte skendings in Turkye, en sal waarskynlik nie lidmaatskap goedkeur solank die status voortduur nie.

Foto – President Recep Tayyip Erdogan.