Swart vrou protesteer nakend

’n Nakende swart vrou wat glo betoog het by die Uniegebou in Pretoria het skokgolwe deur die blankes van die land gestuur, en die sosiale media het gegons oor die onaangename voorval.

Te midde daarvan was daar ook diegene wat hulle steun aan die nakende vrou gegee het, terwyl die polisie ’n voormalige personeellid van Unisa gearresteer het weens haar naaktheid.

Die vrou wat geïdentifiseer is as Gugu Ncube is na bewering een wat hardhandig deur die polisie gearresteer is, en wat sekere gebruikers van die sosiale media ontstel het.

Sy het ook ’n soort plakkaat gehad waarop geskryf is dat die polisie haar intimideer en dit terwyl sy beweer dat sy verkrag is en ’n slagoffer by Unisa was.